MISSIE
Ons doen, ons praat nie net nie. Ons baklei vir ons mense, skole en instansies op grond vlak. Ons is onbeskaamd Boer/Afrikaner. Ons mobiliseer en koördineer gemeenskappe in of teen massa aksies. Ons is in eenvoudige terme ʼn aktivistiese beweging maar terselfdertyd ook soveel meer.
Ons poog om ten alle tye gereed te wees om aksies van die EFF, ANC en SANCO teen te staan. Om ons jong manne te help om weerbaar te word. Om ons jong mense te help om hulle sin van Volk-en-geloofsidentiteit te herleef en hulle weer trots te maak op wie en wat ons is. Ons help ook die weerlose en armes van ons Volk deur middel van liefdadigheid.
VISIE
'n Vrye, veilige, en voorspoedige toekoms vir ons Volk is ons strewe. Die Bittereinders is 'n organisasie wat uitsluitlik baklei vir die belange van die Afrikaner/Boere. Ons glo vas dat ons Volk 'n vrye en onafhanklike Vaderland verdien, waar ons ons godsdiens, kultuur, taal, en erfenis kan beskerm, beleef, en uitbou. Ons is oortuig dat ons Volk nie kan oorleef in die "nuwe" Suid-Afrika nie, en dat die enigste manier om ons lewenstyl te bewaar is deur die verkryging van ons Volk se vryheid in ons eie land, onder ons eie regering. Ons is onbeskaamd teenoor die idees van multikulturalisme, sekularisasie, globalisme, en die vervreemding van ons Volk, taal, en kultuur. Trots, eer, en waardigheid is van ons ontneem, maar die Bittereinders sal altyd streef om ons verlore identiteit, gemeenskapsgevoel, trots, eer, en broederskap te herstel. Ons is 'n nasie wat nie verdoem sal word tot die voetnotas van die geskiedenis nie; ons verdien 'n plek onder die volkere van die wêreld. Alhoewel ons geplaas is deur verraad en swak leierskap, sal hierdie onregte herstel word deur ons eie generasie. Ons Volk sal weer opstaan, ons sal weer trots wees. Ons sal weer vryheid en voorspoed ervaar. As knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry!
SLUIT AAN ONS POSLYS
WIE IS ONS
Die Bittereinders is ʼn pragmatiese beweging wat vir die Boere-Afrikaner gemeenskap tot stand gebring is. Ons strewe om die verlore identiteit, sin van gemeenskap en broederskap van ons generasie te restoureer. Ons sal dit doen deur ONS mense saam te trek en te koördineer, om op te staan teen sosiale, ekonomiese en rasgebaseerde diskriminasie. Saam sal ons herbou aan ons taal, kultuur en erfenis!